Iets wat een maal nie geluister kon word sonder om ‘n knop in my keel te gevorm het nie, het dit nou verander na vreugde en trots. Vir jare kon ek nie na Psalm 23 geluister het nie. Dit was my broer se gunsteling Psalm, en na sy skielike sterwe kon ek selfs nie eers Psalm 23 uit die Bybel lees sonder om in trane uit te bars nie.
Verlede jaar op my troue wou ek graag my broer ook laat deel maak van hierdie mooi gebeurtenis. Die plan was om net Psalm 23 te sing tydens die erediens, maar toe raak ek kreatief.
Ek is so geseend om iemand te kon vind wat saam met my my verdriet en vreugde wil deel. En die belangrikste om die Here te kan dien.
Ek dink spesiaal vandag aan almal wat ‘n geliefde aan die dood moes af staan. Dit is deel van ‘n mens se lewe. Die jare leer mens om dit moontlik te maak om dit rond te kan dra. Maar mens sal dit nooit kan vergeet nie. Ja, kan verwerk, maar nie vergeet nie. Ek het my af dae waar ek nogsteeds ‘n traan pik, en dan het ek ook daai dae wat ons as familie die mooi herrinneringe onthou en saam te kan lag daaroor.
Mag die Here julle elkeen versterk en troos.
Kommentare