Die vraag is: Hoe het dit gekom dat die bekende Country sanger, Jason Bradley, op my nuwe liedjie gesing het, terwyl hy Augustus 2022 oorlede is?
Dit was in 2017 toe ek die geleentheid gegee is om 'n paar demo liedjies vir 'n bekende musikant te skryf. Ek het laat waai en so vinnig as moontlik 2 konsepte vir Bruce Wallace gestuur. (Bruce is die eienaar van die musiek ateljee "Beat in Time Studios" en 'n trom speler wat al op baie bekende musikante se optredes en opnames gespeel het.)
Ek kon net 2 demo liedjies laat opneem, want dit was al wat ek kon bekostig het. Mense, julle sal op jul rug val as jul besef hoeveel geld dit kos om 'n demo te maak, nie eens gepraat van hoeveel dit kos om 'n volledige profesionele liedjie te laat opneem nie. Dis nie met geld wat sommer rond lê nie. Dis jou gespaarde vakansie geldjies!
Die idee van die 2 liedjies, waarvan "Versekerd" een van hulle was, was om ballades te skep. Dit is wat die musikant versoek het. Bruce het so vinnig as wat hy kon met die musiek verwerking begin en die nodige instrumente by geskryf om dit te verander in 'n volledige profesionele demo. Ek het net die klavier wysies/akkoorde, die stem se wysies, en die lirieke geskryf.
Bruce het een van sy vriende. wat besig was om sy eie musiek by hom op te neem, gevra om gou-gou my liedjies te sing, terwyl hy tog in die musiek ateljee was. Met liefde het hierdie vriend van hom graag uit gehelp. Ek het deur middel van Bruce hom 'n fooi betaal.
Na, ek weet nie hoe lank nie, maar dit was vinnig, so seker 'n week, wat super vinnig is, het Bruce vir my die demo liedjies terug gestuur, en het ek dit aan die musikant gestuur.
Na gereelde opvolg en probeer geduldig wag (iets wat ek nie so goed in is nie), het die musikant uiteindelik terug gekom na my en vertel dat hy ongelukkig nie my demos gaan gebruik nie.
Vreeslik teleurgesteld moes ek maar aangaan met my lewe, en so het hierdie twee liedjies op die rak beland. Ek het aan gegaan en my eie liedjies verder vrygestel met hulp van sangers wat ek dan 'feature' in my liedjies. Mens noem hierdie sangers ook 'session' musikante.
Die volgende liedjies het ek vrygestel met Bruce Wallace as my Vervaardiger en Medeskrywer:
Twee EDM (electronic dance music) liedjies: "Woeste Oseaan" en "Herfs Blare";
daarna twee afrikaanse Pop (Popular) liedjies: "Noorder Kleure" en "Oproep na die Hemel";
en laastens het ek een van my 'vital curv' liedjies geneem en 'n Remix gemaak: "It Shows - Remix". Teen daardie tyd was die geldjies maar min. En 'n Remix het baie goedkoper uit gewerk as 'n heel nuwe produksie.
So nou is dit begin 2023, ek sit met baie minder geld, en met geen musiek inkomste nie. Maar die gogga - om liedjies vry te stel - laat my nie los nie. Dit is toe dat ek onthou het van die twee demo liedjies. Hulle is mos halfpad klaar geskep, halfpad klaar betaal. So die kostes sal min wees. Ek het gou weer deur hulle geluister om seker te maak watter een van die twee ek wil finaliseer. Ek kontak Bruce en vra wat hy dink van my idee om die demo liedjies self vry te stel... en hy stem saam. Sy vriend, wat my demo liedjies gesing het, het so mooi gesing, dat ek gedink het dis nie eens nodig om 'n ander sanger in te kry en dit oor te laat opneem nie. Maar dit is toe wat ek uitvind dat Bruce se vriend, wat my demo liedjies gesing het, oorlede is. :'(
Dit was Jason Bradley, die bekende Country sanger.
So dan maar 'n ander sanger in kry om te sing. Maar ek was mal oor Jason se stem op my liedjie "Versekerd" en Bruce het aangebied om Tina, Jason se vrou, te kontak om te hoor of daar nie 'n moontlikheid is dat ons Jason se stem kan behou en die liedjie so vrystel nie.
Tina was baie opgewonde met die idee. Selfs Jason se ma het baie van die liedjie gehou. Ek het haar later gekontak en ook ontmoet, en wat 'n vriendelike persoon is sy! Ek was baie dankbaar.
Ek kan nou nie onthou of dit Bruce se idee of myne was nie. Maar ons het die besluit geneem om die liedjie by Samro te registreer met Jason as een van die liedjieskrywers, sodat 'n gedeelte van die royalties na Tina sal gaan.
Ek wil ook net noem... Al het Tina dit baie waardeer, en dit net soos ons dit gesien as 'n mooi nagedagtes aan Jason, het dit wel 'n ongemaklike gevoel by my opgewek. Ek was bang dat mense dink ek misbruik hierdie hartseer gebeure om myself te bevoordeel. Maar met Tina se uitgesproke dankbaarheid het ek daai gevoel opsy gestoot.
So dit is hoe my lied "Versekerd" vrygestel is met Jason Bradley wat hom sing. Ek wens ek het hom ontmoet. Ek wens ek kon hom vertel hoe uitmuntend mooi sy stem is. Ek wens hy kon al my liedjies sing.
Bruce en Tina, ek is dankbaar om te weet ek het sulke hartsvolle mense in my lewe wat deel geword het van my musiek familie. Baie dankie vir al julle ondersteuning en omgee!