top of page
Firefly 20250404172319 (edit).png

l y r i c s

  • Vita Lu ft. Leo Sonskyn - Ek is Meer

    ♫  ​​(Words and Music by Vita Lu, Arranged by Bruce Wallace)  ♫

    Ek is Meer

    My pyn oorwyldig my

    Maar toe sien ek jou daar eensaam staan

    Sal ek dan na jou gaan?

    Spinnend, uit beheer, betraand,

    in ‘n waas, wil ek jou haal.

     

    Die pyn raak duisend-voud

    Ek kan, ek kan nie verder so aanhou

    Jy glinster in die son

    ‘n aanloklike rooi blom

    Ek kyk vas in jou gelaat

    Moet ek jou pla of liewer laat?

     

    Want ek is meer as net die seer

    En verdien tog soveel meer

    Vuurlelie, wie’s in beheer?

    Ek is meer as net die seer

    En verdien tog soveel meer -

    om te leef,

    want jy gaan my einde wees.

     

    Die pyn is nogsteeds daar

    Maar nou weet ek jy is ‘n gevaar

    En met ‘n groter Mag

    Breek die ketting van jou krag

    Ek het weer lewenshoop

    En ek glo weer ek is genoeg

     

    Want ek is meer as net die seer

    En verdien tog soveel meer

    Vuurlelie, wie’s in beheer?

    Ek is meer as net die seer

    En verdien tog soveel meer

    om te leef,

    want jy gaan my einde wees.

     

    Want ek is meer as net die seer,
    En verdien tog soveel meer

    Vuurlelie, wie’s in beheer?

    Ek is meer as net die seer

    En verdien tog soveel meer
    om te leef,

    want jy gaan my einde wees.

     

    Ons is meer as die seer

    Jy gaan my einde wees. 

    Meer as net die seer

     

    Ek is meer!

  • Vita Lu ft. Jason Bradley - Versekerd

    ♫  ​​(Words and Music by Vita Lu, Arranged by Bruce Wallace)  ♫

    Versekerd

    Hy is hier langs my al is ek dankloos.
    Hy is hier in my al struikel my geloof.
    Versekerd vertel Hy:
    “Jy’s my kind, dis wie jy is.
    Ek’s lief vir jou.”

    Hy raak my aan en ek weet ek’s alles vir Hom.
    Baie meer as enige wesens op die grond.
    Versekerd vertel Hy:
    “Jy’s my kind, dis wie jy is.
    Ek’s lief vir jou.
    Ek’s lief vir jou.
    Ek is lief vir jou.
    Ek’s lief vir jou.
    Dis wie jy is.
    Dis wie jy is."

    Versekerd vertel Hy dat ons is sy kinders.
    Versekerd vertel Hy dat ons is sy kinders.

    Hier is ek.  Vir U gee ek my hele hart.
    Ek staan sterk.  Met U as my Redder het ek krag.
    En ek weet U is my Heer.
    U lei my op die weg,  op die weg tot U eer, tot U eer.

    “Ek’s lief vir jou.
    Ek’s lief vir jou,
    Ek is lief vir jou.
    Ek's lief vir jou.
    Dis wie jy is.
    Ek's lief vir jou."

  • Noorder Kleure (1000x1000).jpg

    ♫  ​​(Words and Music by Vita Lu, Arranged by Bruce Wallace)  ♫

    Noorder Kleure

    Onskuldig was die begin

    ‘n spel onder swak maanlig

    Komplimente deur jou is uitgedeel

    Ek’t gedink jy maak my heel

     

    Opgewonde was ek verblind

    ‘n glans wêreld saam gevind

    Dwalende het ek gesweef

    Die kruin van emosies beleef 

     

    Jou skildery het toe net verdwyn

    En skadu grysheid het oorgebly

    Die Noorder kleure vul my brein

    Ek sien die lig en dis nie jy

    Jy’s ‘n kombinasie van swart en wit

    En skielik weet ek - ons is niks

    Die Noorder kleure omring om my

    Ek sien die lig en dis nie jy

     

    Ek staan nou voor jou, jou masker tuimel neer

    Kragloos, skildloos, weer.

    Nooit sal jy ooit weer in my hart kom woon.

    Dis verby, Gee my terug my kroon!

     

    Ek voel so oorweldig

    Die verandering van lig

    Jy’s deel van my verlede

    So sê vaarwel – en kom nooit terug!

    Jou skildery het toe net verdwyn

    En skadu grysheid het oorgebly

    Die Noorder kleure vul my brein

    Ek sien die lig en dis nie jy

    Jy’s ‘n kombinasie van swart en wit

    En skielik weet ek dat ons is niks

    Die Noorder kleure omring om my

    Ek sien die lig en dis nie jy

     

    Jou skildery het toe net verdwyn

    En skadu grysheid het oorgebly

      

    Jou skildery het toe net verdwyn

    En skadu grysheid het oorgebly

    Die Noorder kleure vul my brein

    Ek sien die lig en dis nie jy

    Jy’s ‘n kombinasie van swart en wit

    En skielik weet ek dat ons is niks

    Die Noorder kleure omring om my

    Ek sien die lig en dis nie jy

     

    Ek sien die lig en dis nie jy

    Ek sien die lig en dis nie jy

    Dis nie jy

  • Oproep na die Hemel.jpg

    ♫  ​​(Words and Music by Vita Lu, Arranged by Bruce Wallace)  ♫

    Oproep na die Hemel

    Elke storie het ‘n einde.

    In jou lewe elke einde het ‘n begin.

    So bewaar my van my drome.

    Ek is sleutelloos.  Maak tog ‘n deur oop vir my.

     

    Vlieg my hoog op, na die blou lug,

    waar die telefoon gekoppel is aan jou.

    Dis ‘n wonder.  Ek bel die nommer.

    En ek sê dan vir jou:

     

    “Hallo, hier is ek.

    Jy’s veilig by die Heer.

    Ons mis jou so.

    Baie jare is al verby.

    Dis goed om jou stem te hoor.

    Jou lag ego voort.

    Ons liefde vir jou sal altyd bly.”

     

    Hoekom kan ek nie na jou sweef

    op ‘n wolk kolom?  Jy voel so ver van ons.

    Dan sal ek sê, as ek jou sien,

    terwyl ons na die uitsig staar:

     

    “Hallo, hier is ek.

    Jy’s veilig by die Heer.

    Ons mis jou so.

    Baie jare is al verby.

    Dis goed om jou stem te hoor.

    Jou lag ego voort.

    My liefde vir jou sal altyd bly... by my."

    "Hallo, hier is ek nou.

    Hoor jy my stem?”

     

    “Hallo, hier is ek.

    Jy is veilig by die Heer.

    Ons mis jou so.

    Baie jare is al verby.

    Dis goed om jou stem te hoor.

    Jou lag ego voort.

    Ons liefde vir jou sal altyd bly…

    sal altyd bly.”

  • Voel die Reen.jpg

    ♫  ​​(Words and Music by Vita Lu, Arranged by Bruce Wallace)  ♫

    voel die reën

    Voel die reën liggies val op my neer

    Voel die son deur die wolke heen breek

    Ek hoor stemme, ‘n sagte klank

    Die druppels gee hul dank

    Ek oor stemme, kalmte daar

    In die wind’rige straat

     

    Voetstappe sak diep weg in die sneeu

    Straatlig brand, dofweg, voel hoe dit gloei

    Iets groei binne-in my maag

    ‘n Gevoel van nederlaag

    Ek’s so klein nou, als om my heen

    Voel groter as wat ek ooit sal wees

     

    Alles blink helder weer

    Sien die wonder in die reën

     

    Voel die reën liggies op my huid

    Elke druppel maak ‘n uniek geluid

    Voel die reën liggies op my huid

    Elke druppel maak ‘n uniek geluid

    Geheime woorde, hoor hul tale

    Elke fluister op moeder aarde

     

    Voel die reën

  • vital curv 3000x3000px.jpg

    ♫  ​​(Words and Music by Vita Lu, Arranged by Bruce Wallace)  ♫

    feel life

    feel this – anger that’s beyond your strength
    a war that’s beyond pretend
    let it end​

    feel this – underneath a cold dark stream
    hold your breath – fight for your being
    keep on feeling​

    close your eyes, get on your knees, touch the sky
    feel life, this is it that makes you fly
    feel life, all of this, you can’t deny
    that you’re alive, you’re alive​

    feel this – every heartache inside of you
    of everyone you ever had to say
    farewell to

    ​feel this – my heart beats inside Your hand
    I cannot hide from You again
    here I am​

    block your thoughts, feel the breeze, I’m satisfied
    feel life, this is it that makes you fly
    feel life, all of this, you can’t deny
    feel life, this is it that makes you fly, that makes you fly
    feel life, all of this, you can’t deny
    that you’re alive, you’re alive

  • vital curv 3000x3000px.jpg

    ♫  ​​(Words and Music by Vita Lu, Arranged by Bruce Wallace)  ♫

    he lied

    lonely in the meadow
    she sat holding her red pillow
    when she cried
    calling to the distance,
    she felt powerless with wisdom
    that he lied - he lied

    crashed by the power of the waves
    her voice got lost, fading away
    forced to repeat her mistakes
    her blue hail rains upon his grave

    silence from betrayal
    she takes one breath – slowly inhales
    he lied
    ‘cause she might throw roses on this earth
    the same as love did at his birth
    she might
    just ‘cause he lied

    crashed by the power of the waves
    her voice got lost, fading away
    forced to repeat her mistakes
    her blue hail rains upon his grave

    she will bury angry seeds
    juggle thoughts ‘til no-one weeps
    she cried
    wipe the hair from her eyes
    the depth of her heart disguised
    tonight

    crashed by the power of the waves
    her voice got lost, fading away
    forced to repeat her mistakes
    her blue hail rains upon his grave

  • vital curv 3000x3000px.jpg

    ♫  ​​(Words and Music by Vita Lu & Bruce Wallace,

    Arranged by Bruce Wallace)  ♫

    it shows

    everything is fine

    see the sunlight in my eyes

    and watch me soar

    by you in a clouded sky

    I don’t wanna go

    not yet anyway

    this feeling grows

     

    I open my arms

    scream into the dawn

    a silhouette

    of you against the wall

    just before I go

    I want you to know

    this feeling grows

     

    it shows

    it shows

    it shows

    it shows

     

    gliding through the air,

    in a happy atmosphere

    I wave at you

    don’t you wanna join me here?

    I will reach out for you

    I don’t wanna leave you behind!

     

    it shows (can you see me?)

    it shows (I am happy)

    it shows

    it shows (I will always believe)

    it shows (with You I can be free)

    it shows

  • vital curv 3000x3000px.jpg

    ♫  ​​(Words by Vita Lu,

    Megan Knipe & Bruce Wallace,

    Music by Vita Lu,

    Arranged by Bruce Wallace)  ♫

    wake up

    he watches as life moves on

    left behind standing alone

    the late night express is gone

    desperate for silence – but there’s none

    thoughts are blinding, terrifying his mind

    deep and dark eyes stare beyond the frame of time

    everything in him changed

    he can’t see that he’s surrounded by light, angel light

    always part of his life

    only now out of sight

    still they’re here, always here

    won't you please wake up

    fighting to change his mind

    trying his best to define

    whispers of endless love

    please open your eyes and get up

    he is waiting - Someone’s holding his heart

    can’t he feel it, see the living he’s apart of?

    everything in him changed

    he can’t see that he’s surrounded by light, angel light

    always part of his life

    only now out of sight

    still they’re here, always here

    won't you please wake up

bottom of page